ONS ROEPING
Wat ons moet word
NG Doringkruin se roeping is: “In verhouding met Jesus vandag”.
ONS TAAK
Wat doen ons
Jesus vir die wêreld. Ons deel die nuwe lewe in Christus met alle mense sodat hulle deel word van die Koninkryk van God en self aktief daaraan deelneem. Dit glo ons is bereikbaar deur genesing in ‘n stukkende wêreld te bring, dissipelskap te bewerkstellig deur toerusting en deur die opbou en uitbou van liefdevolle verhoudings op alle vlakke.
PILARE VAN ONS GEESTELIKE HUIS
Geloofsoortuiging
So glo ons:
- Die Vader is ons Skepper en Versorger
- Jesus Christus alleen bewerk verlossing
- Die Heilige Gees maak mense nuut en dit geskied deur oorgawe aan Hom
- Die Woord is die riglyn en basis van ons lewe
- Elke mens is ‘n unieke wese deur God geskape
- Alles is genade alleen
- Gebed is die krag van alles wat ons doen
WAT IS BELANGRIK IN ELKE GELOWIGE SE LEWE
Die boustene vir ons elkeen se lewe, waaraan hy moet deel hê
- Erken God vir wie Hy is (lofprysing en aanbidding)
- Ontwikkel elke lidmaat se geestelike potensiaal (geestelike groei)
- Elkeen deel van die geloofsgemeenskap (koinonia)
- Gebruik gawes (diensbaarheid)
- Verkondig die evangelie (getuienis)
WAARDES VAN GEMEENTE
Dit verwag ons van mekaar en gee ons vir mekaar
- Ons vernuwe voortdurend om die Koninkryk op die beste moontlike wyse te dien (vs stereotipering en stagnasie)
- Ons mag foute maak in ons pogings om God te dien, maar is versigtig vir Satan se misleiding
- Ons word nie groter sonder om geestelik sterker te word nie
- Ons bedieningskoördineers is dissipelmakers en toerusters
- Toewyding en oorgawe is ononderhandelbaar (Jesus het nie teruggedeins vir sy taak nie)
- Die eenheid van die gemeente is groter en belangriker as almal en daarom is daar ruimte vir vergifnis
- Die liefde van Jesus bepaal ons verhouding met mekaar
- Mense is vir ons en God belangriker as strukture of andersins strukture is in diens van mense, en nie mense in diens van strukture nie
- Mede-dissipels (gemeenskap van gelowiges) hou ons gerig op ons roeping daarom moet ons mekaar aanmoedig en vermaan
- Ons het wedersydse respek vir mekaar omdat elkeen uniek deur God geskape is