Persone wat by NG Doringkruin wil inskakel, kan ‘n verteenwoordiger van die Nuwe Lidmaat-bediening na afloop van die oggenddiens in die Saakgelastigde se kantoor ontmoet. Kom geniet gerus ook ‘n lekker koppie koffie of tee ná die erediens in die vierkant of kontak die Kerkkantoor..
Carlien fokus op die interne en eksterne kommunikasie van NG Doringkruin en glo die Vader het haar in haar pos geplant om vrug te dra en om vir Hom en ander tot seën te wees.
Tel: 018 468 1280
Maandag – Vrydag: 08:00 – 13:00
kommunikasie@ngdoringkruin.co.za
Estelle gebruik die gawes waarmee die Vader haar geskep het om kerksake vanuit die kerkkantoor te bedryf. Sy sien dit as haar roeping en deel die visie van die gemeente dat lidmate Jesus vir die wêreld moet word.
Tel: 018 468 5002
Dinsdag – Vrydag: 08:00 – 13:00
admin@ngdoringkruin.co.za
Tia sien toe dat enige toerusting en die lokaal wat vir gebeure by die kerkgebou benodig word in ‘n werkende toestand gehou word en netjies is. Sy streef daarna om altyd vriendelik en toeganklik te wees.
Sel: 083 490 2924
eiendomme@ngdoringkruin.co.za
Kotie het ‘n hart en roeping vir jongmense, van 3 tot 18 jaar. Haar fokus is op effektiewe jeugbediening sodat kinders van alle ouderdomme tuis sal voel in die gemeente en geesvervulde jongmense op pad met Jesus opgerig kan word.
Tel: 018 468 1280
Sel: 082 788 0747
jeug@ngdoringkruin.co.za
Tel: 018 468 5002
Sel: 082 553 7806
gemeentebestuurder@ngdoringkruin.co.za
Die Kerkraad vergader kwartaalliks en is saamgestel uit die leraars asook die ses diensgroepe en twaalf bedienings se koördineerders/ouderlinge met opdrag.
Ds Quintes Scholtz dien as leierleraar van die gemeente en is die voorsitter van die Kerkraad. Hy word ondersteun deur twee vise-voorsitters wat deur die Kerkraad verkies is, naamlik
ds Lombard van Niekerk en br André van Staden (hoofouderling). Die uitvoerende bestuur van die gemeente word behartig deur die leierleraar en 'n gemeentebestuurder, Johan Smit. Lg. is ʼn kontrakpos wat sedert 1 Mei 2018 ingestel is om met ondersteuning van die personeelspan die dag-tot-dag-take uit te voer.
'n Dagbestuur ondersteun die uitvoerende bestuurspan in strategiese besluite. Hierdie komitee bestaan uit ses verkose Kerkraadslede en drie leraars en vergader kwartaalliks.
Die Dagbestuur en die diensgroep-koördineerders vorm die Diensgroepforum. Dié forum, wat kwartaalliks vergader, oorsien in opdrag van die Kerkraad die doeltreffende uitvoering van die Gemeente se finansiële, administratiewe en operasionele aktiwiteite, met aanbeveling na die Kerkraad.
Die diensgroepe is werkgroepe van die Kerkraad wat toesien dat die beste praktyk in elke dissipline toegepas word en tree in 'n adviserende hoedanigheid op. Ons bedieninge staan onder die mentorskap van die leraars. Lg. is die struktuur waardeur gemeentelede hul gawes prakties aanwend om medegelowiges in liefde te dien en Jesus vir die wêreld te gaan wees.
Die onderstaande organogram verduidelik die bestuurs- en bedieningstruktuur.
Bestuurstruktuur
Maandag – Vrydag: 08:00 – 13:00
H/v Boekenhout- en Knoppiesdoringstraat
Doringkruin
Tel: 018 468 5002
Ds. Quintes Scholtz
Sel: 079 899 4017
quintes@ngdoringkruin.co.za
Ds. Lombard van Niekerk
Sel: 082 785 7463
lombard@ngdoringkruin.co.za
Ds. Marike Jacobs
Sel: 072 379 6069
marike@ngdoringkruin.co.za
Opnames van eredienste is beskikbaar, skakel Johan Landman by 083 599 6762 of kyk onder die skakel “Preke” om na dit te luister of om dit in mp3 formaat af te laai.
Handleiding vir doopvoorbereidingsgesprekke
Deur jou maandelikse bydrae aan
NG Doringkruin toe te vertrou, stel jy die Gemeente in staat om met verantwoording toe te sien dat bediening optimaal geskied op elke vlak, gelowiges in nood versorg word en die koninkryk uitgebrei word. Verskeie bydrae-opsies is beskikbaar:
• Doen ‘n EFT-betaling
• Reël ’n aftrekorder by jou bank:
ABSA Bank, Tjekrekening: 950 157 992
Takkode: 334 338
Naam van rekening: Ned. Geref. Gemeente Kldrp. Doringkruin
Verwysing: Meld asb. jou van as verwysing
• Skandeer die QR-kode en betaal via Masterpass
Deur jou maandelikse bydrae aan
NG Doringkruin toe te vertrou, stel jy die Gemeente in staat om met verantwoording toe te sien dat bediening optimaal geskied op elke vlak, gelowiges in nood versorg word en die koninkryk uitgebrei word. Verskeie bydrae-opsies is beskikbaar:
• Doen ‘n EFT-betaling
• Reël ’n aftrekorder by jou bank:
ABSA Bank,
Tjekrekening: 950 157 992
Takkode: 334 338
Naam van rekening:
Ned. Geref. Gemeente Kldrp. Doringkruin
Verwysing: Meld asb. jou van as verwysing
• Skandeer die QR-kode en betaal via Masterpass